1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The burden of proof : its role and meaning

USD

 

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om die begrip "bewyslas" onder die loep te neem. Daar is meningsverskil oor die werklike oorsprong van die begrip <I>onus probandi</I>. Dit lyk of hierdie begrip verkeerdelik in Engels vertolk is as "onus of proof" in plaas van "onus of proving". Laasgenoemde dui op die las om te bewys, wat heeltemal verskil van die eindresultaat van bewys ("proof"). Daar is ook meningsverskil oor die presiese omskrywing van die begrip. Die bewyslas behels die plig om in die hele getuienis wat afgelê word genoeg van die feite wat betwis word, vas te stel om sodoende met die eis wat ingestel is, te slaag. Dit behels ook die plig om voldoende getuienis te gee om dit 'n redelike moontlikheid te maak dat die tribunaal of hof die saak in die guns van die eiser sal beslis; of deur getuienis die bewerings sal weerlê wat in die getuienis deur die ander party gemaak word of wat deur die party op wie die weerleggingslas rus, erken word. Om van die weerleggingslas af te wyk beïnvloed die eindresultaat van die dispuut. In strafsake rus die bewyslas op die staat om sy saak bo redelike twyfel te bewys. Die doel daarvan is om die vryheid van die individu te verseker, en misplaasde skuldigbevinding te verhoed.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/1/EJC54471
2003-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error