1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The true capacity of women under customary rule to acquire land : an exposé on the law, land and the rules of succession

USD

 

Abstract

Die posisie van vroue onder die gewoontereg is die afgelope paar jaar hoog op die agendas van die wetgewer, regslui en veral akademici. Een van die redes wat hiervoor aangevoer kan word, is dat daar sedert die inwerkingtreding van die Grondwet 'n groter fokus op gelykheid en gelyke behandeling is, en omrede daar in die verlede teen vroue onder gewoontereg, wat grotendeels in die landelike gebiede woon, gediskrimineer is. Gesien die nuwe fokus op gelykheid, asook die klem op die ontwikkeling van alle hulpbronne, insluitend menslike hulpbronne, moet die posisie van vroue onder die gewoontereg, veral hul vermoë om grond en grondregte te bekom, ondersoek word. <br>Hierdie artikel fokus op die vermoë van vroue om grond te bekom, en die teenstrydigheid wat bestaan tussen hul <I>de iure&lt;/I&gt; posisie, soos weerspieël in wetgewing, en hul <I>de facto&lt;/I&gt; posisie, soos beoefen in die praktyk. Die wetgewer het dit sedert 1985 moontlik gemaak vir vroue onder die gewoontereg om eiendom te bekom (artikel 1A van die Swart Administrasiewet 27 van 1938), desondanks die bepalings van artikel 11(3)(b) van die Wet. In die negentigerjare het die wetgewer voortgegaan met die bemagtiging van vroue, en het vroue tans, sover dit die wetgewer aangaan, gelyke magte met hul manlike eweknieë, veral na die herroeping van artikel 11(3)(b) deur die Wet op Erkenning van Gewoonteregtelike Huwelike 120 van 1998. Die regbank was, aan die ander kant, minder liberaal met hul interpretasie van gewoontereg in die lig van die bepalings van die Grondwet, want, soos <I>Mthembu v Letsela&lt;/I&gt; 2000 3 SA 867 aangetoon het, is die hof huiwerig om gestand te doen aan die bepalings van artikel 211 en artikel 39 van die Grondwet. Die hof het gevolglik besluit om aan die reël van manlike eersgeboortereg gehoor te gee en dit toe te pas. Die gevolg hiervan is dat vroue wel self grond en grondregte kan bekom, maar dat hulle dit nie kan erf nie, as gevolg van gewoonteregtelike erfopvolging.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/2/EJC54479
2003-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error