1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The effectiveness of the Promotion of Access to Information Act 2 of 2000 for the protection of socio-economic rights

USD

 

Abstract

Die doel van hierdie studie is om vas te stel of, en indien wel, in watter mate die Bevordering van Toegang tot Inligting Wet 2 van 2000 gebruik kan word om die beskerming van sosio-ekonomiese regte in Suid-Afrika te bevorder. Ten einde in hierdie doel te slaag, gee hierdie artikel 'n oorsig van die reg op toegang tot inligting, dit analiseer die bepalings van die Wet krities en maak aanbevelings vir die effektiewe implementering daarvan. <br>Die instel van hierdie Wet het sy oorsprong gehad in die beroep wat op die regering gedoen is om effek te gee aan artikel 32(2) van die Suid-Afrikaanse Grondwet 108 van 1996. Die motivering daaragter was dat die bepaling in die Grondwet opsigself onvoldoende was vir die effektiewe implementering van die reg op toegang tot inligting. Alhoewel die Wet nie direk betrekking op sosio-ekonomiese regte het nie, en die potensiële gebruik in die bevording van sosio-ekonomiese regte duidelik beperk is, is die uitgangspunt van hierdie studie die betoog dat as die gemeenskap nie toegang tot inligting oor die aard en die implementering van hulle sosio-ekonomiese regte het nie, hulle nie die regering se aksies in hierdie verband kan monitor nie. Gebrek aan inligting dra dus direk by tot burger- en gemeenskapsontmagting en in die besonder die ontmagting van armes.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/2/EJC54480
2003-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error