1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The historical antecedents of the rights to silence and the evolution of the adversarial trial system

USD

 

Abstract

Die oorsprong van swygreg en privilegie teen selfinkriminasie is gewikkel in onsekerheid, welke onsekerheid die gevolg is van regstegniese ooreenstemming tussen die aard en funksie van die swygreg enersyds en die reg teen selfinkriminasie andersyds. Die tradisionele ontwikkeling van die reg teen selfinkriminasie kan herlei word na die noodsaaklikheid om individue teen staatsonderdrukking en gedwonge bekentenisse te beskerm. Die ontwikkeling van privilegie aan die ander kant, kan gevind word in die 16de eeuse religieuse stryd tussen die ortodokse staatsgodsdiens (Anglikaans) en die non-korformistiese denominasies (Katolieke en Purityne), sowel as in die 17de eeuse politieke stryd tussen die parlement ("Rule of Law" / regstaatbegrip) en die monargie (alleenheerser). Die redes onderliggend aan die swygreg kan gevind word in die 18de eeuse hervorming van die strafprosesstelsel. Die aanstel van regsverteenwoordiging vir die beskuldigde en die ontwikkeling van 'n samehangende leerstuk van relevantheid, toelaatbaarheid en bewyslas het 'n herstrukturering van die rolle van die voorsittende beampte, aanklaer, verdediging en jurie tot gevolg gehad. Hierdie artikel bevat 'n deeglike analise van die Wigmore- Levy gemenereg-teorie, die Helmholz-Macnair kanonieke reg-teorie en die Langbein-teorie wat oor die stryd tussen litigante handel. Die aard, doel en ontwikkeling van die swygreg-beginsel tussen die middel van die 13de eeu en die begin van die 21ste eeu word in hierdie artikel ondersoek.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/2/EJC54486
2003-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error