1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - An assessment of the feasibility and efficacy of rehabilitation of offenders sentenced to imprisonment as laid down in the Correctional Services Act 8 of 1959

USD

 

Abstract

In hierdie artikel word die effektiwiteit van die Wet op Korrektiewe Dienste 8 van 1959 met betrekking tot die fasilitering van rehabilitasie van oortreders ondersoek. Die aanvanklike benadering tot rehabilitasie van oortreders het daarop neergekom dat oortreders as "pasiënte behandel" moes word. Hierdie benadering is egter verwerp vanweë, onder andere, kritiek van akademici en praktykslui in verskillende vakdissiplines. Desnieteenstaande word die ideale van rehabilitasie steeds deur bogenoemde wet onderskryf. Die hipotese wat hierdie bydrae onderlê, is dat die ideale van rehabilitasie steeds verwesenlik kan word indien, onder andere, die relevante bepalings van die Wet op Korrektiewe Dienste hersien word. Die skrywer doen veral aan die hand dat die essensiële elemente van rehabilitasie eers afgebaken moet word, waarna die werksaamhede van institusionele komitees en paroolrade hervorm moet word. In die praktyk dra die polisiëringsrol van korrektiewe beamptes nie die korrekte boodskap aan gevangenes (potensiële rehabilitasiekandidate) oor nie, wat rehabilitasie gevolglik negatief beïnvloed. Die rol wat die Kommissaris van Korrektiewe Dienste vervul in die beoordeling of oortreders gerehabiliteer is al dan nie, hou ook bepaalde probleme in. Die Kommissaris is in wese 'n politikus en kan gevolglik deur ander faktore beïnvloed word wat nie werklik verband hou met rehabilitasiebeoordeling as sodanig nie. Verder sal daar ook altyd 'n spanningsveld wees tussen statutêre maatreëls wat verband hou met vonnisoplegging enersyds en statutêre maatreëls wat verband hou met korrektiewe optrede andersyds. Die gemeenskap, wat nie noodwendig oor al die inligting beskik nie, verwag aan die ander kant dat oortreders "opgesluit en daarna vergeet moet word". Hierdie verwagtinge kan egter nie ten koste van die ideale van rehabilitasie bevredig word nie. Die skrywer verwys onder meer na ontwikkelings in ander jurisdiksies en die rol van supra-nasionale liggame in 'n poging om moontlike oplossing aan die hand te doen.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/14/3/EJC54493
2003-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error