1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Legal aid in Mexico : visions of South Africa's future?

USD

 

Abstract

Die Suid-Afrikaanse regshulpstelsel is vir die afgelope aantal jare die onderwerp van 'n ingrypende transformasieproses in 'n poging om regshulp binne bereik te bring van die meeste wat dit benodig en ten einde gevolg te gee aan die vereistes van die Grondwet. Spoedeisendheid en druk om te verander verhoog die risiko om te fouteer - iets wat so ver moontlik vermy moet word. Vergelykende studies is een van die metodes wat aangewend word om slaggate te vermy. Die meeste van hierdie studies fokus egter op lande en stelsels wat beskou word as ''leiers'' op die gebied van regshulp, maar in hierdie artikel word die Meksikaanse stelsel, wat tradisioneel nie as 'n ''leier'' beskou word nie, van nader beskou ten einde daardie kenmerke te identifiseer wat Suid- Afrika tot voordeel mag strek in die soeke na die ''beste'' stelsel. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat alhoewel Mexico nie as model voorgehou kan word nie, daar aspekte van die federale stelsel is wat van groot nut in die ontwikkeling van enige regshulpstelsel sal wees. Dit sluit studente-betrokkenheid, prioritisering, 'n behoeftegerigte benadering en die aktiewe betrokkenheid van die professie in.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/1/EJC54506
2004-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error