1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Rights of first refusal or preferential rights to contract : a historical perspective on a controversial legal figure

Volume 15, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
USD

 

Abstract

Leidende hofsake oor voorkeurregte openbaar lynreg opponerende sienings van die basiese regte en pligte van die partye tot 'n voorkeurooreenkoms. Die presiese toepassingsgebied, aard van en gesag vir die sogenaamde <I>Oryx</I>-meganisme wat sedert 1982 algemeen aanvaar word as 'n gepaste remedie vir kontrakbreuk van 'n voorkeurooreenkoms is ook onseker. Hierdie konflik en onsekerheid is deels te wyte aan opponerende interpretasies van die Romeinse, Romeins-Hollandse en <I>ius commune&lt;/I&gt; bronne. Die leidende hofsake ondersoek nie die beleidsoorwegings betrokke by hierdie kontrakstipes nie en baseer hulle beslissings hoofsaaklik op historiese gesag en presedent. Afwykende sienings in vorige hofsake is egter dikwels gei gnoreer of nie behoorlik ondersoek in latere regspraak of akademiese bydraes nie, wat die verwarring vererger. Hierdie bydrae ondersoek die historiese gesag waarop daar gesteun word in die leidende hofsake om lig te werp op die kontroversie. Daar word aangetoon dat die historiese gesag waarop die leidende hofsake steun nie eenduidig steun bied vir hulle verskillende sienings nie, onder andere omdat sekere tekste verkeerd verstaan is. 'n Ondersoek van die Germaanse, Romeins-Hollandse en vroeë Suid-Afrikaanse reg werp ook lig op die meervoudigheid van konstruksies wat gevind word in die Suid-Afrikaanse reg en die aard van die <I>Oryx</I>-meganisme.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/1/EJC54510
2004-01-01
2017-03-24

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error