1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Political musical chairs - the saga of floor-crossing and the Constitution

USD

 

Abstract

Oorlopery is inherent 'n kontroversië le konstitusionele en politieke kwessie. Hierdie artikel kyk krities na die &lt;I&gt;UDM&lt;/I&gt; hoofuitspraak van die Konstitusionele Hof betreffende die konstitusionaliteit van die vier parlementêre wette wat oor oorlopery handel. Die hof het aangedui dat hy nie politieke argumente ten gunste van of teen oorlopery sou oorweeg en daardeur bei¨nvloed sou word nie. Die hof het verduidelik dat wesenlike politieke argumente tydens debatte en besprekings in die parlement gelug moet word en nie in die howe nie. <BR>Uit 'n ondersoek van koerantartikels en -verslae is dit egter duidelik dat die publiek grondige voorbehoude oor die moraliteit van oorlopery het. So ernstig is laasgenoemde dat dit 'n denkbare beskouing is dat die legitimiteit van ons stelsel van demokratiese regering, en inderdaad van die Grondwet waarop dit gebaseer is, daardeur gediskrediteer word. Persepsies van politieke moraliteit moet noodwendig 'n impak op konstitusionalisme en demokrasie hê. <BR>Selfs al word 'n wysiging aan die Grondwet as geldig beskou, maar die gevolge daarvan die publiek se vertroue in die Grondwet ondermyn aangesien die moraliteit daarvan ernstig te bevraagteken word, is dit dan nie juis nodig vir die Konstitusionele Hof om 'n stem van versigtigheid of 'n waarskuwing te laat hoor nie? Onder sekere omstandighede sou oorlopery 'n brose en onbestendige politieke situasie kon destabiliseer. Dit kan veral gebeur as dit tot 'n regeringsverandering lei, wat nie noodwendig deur die kiesers gesanksioneer is nie. Kommentaar van die hof oor die onwenslikheid van sodanige situasie sou onder die omstandighede nie onvanpas gewees het nie. <BR>Moes die hof ook nie nog verder oorweeg het of die waardes wat deur artikel 1 van die Grondwet beskerm word, nie ondermyn is nie? Hierbenewens sou die hof ook sekere beskermingsmaatreë ls aan die hand kon gedoen het wat in wetgewing uiteengesit sou kon word om die impak van sodanige teenstrydighede op die stel fundamentele waardes in die Grondwet te verminder. Daar kan byvoorbeeld 'n verbod geplaas word op die opportunistiese uitnooi tot oorloop na ander partye met die belofte van hoogs vergoedende posisies daaraan gekoppel.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/1/EJC54511
2004-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error