1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Teaching legal writing at South African law faculties : a review of the current position and suggestions for the incorporation of a model based on new theoretical perspectives

USD

 

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die probleme wat ondervind word tydens die onderrig van skryfwerk aan regstudente in die Suid-Afrikaanse konteks. Kwessies soos 'n opvoedingsagterstand, 'n 4-jaar voorgraadse LLB-kursus en 'n toename in tweedetaalleerders bemoeilik die onderrig van skryfwerk vir die regspraktyk. Regsfakulteite het tradisioneel probeer om hierdie tipe onderrig aan die taaldepartemente oor te laat, sonder om enigsins kennis te neem van onlangse teoretiese perspektiewe betreffende die pedagogiek van skryfwerk vir die regspraktyk. Die huidige / tradisionele paradigma van die onderrig van skryfwerk vir die regspraktyk beskou skryf as 'n vaardigheid wat nie deur regsdosente onderrig kan word nie, maar as 'n vaardigheid wat studente êrens anders moet aanleer. Dit is gebaseer op die opvatting dat studente oordraagbare generiese taalvaardighede geleer kan word, wat dan vir die regsomgewing aangepas kan word. 'n ''Nuwe retoriese benadering'' tot die onderrig van skryfwerk vir regsstudente het in die tagtigerjare in die VSA ontwikkel. Hierdie metodiek pas 'n ''prosesbenadering'' toe en hiervolgens leer studente die gespesialiseerde taal van die diskoers van kenners binne die dissipline self aan. Leerders ontwikkel hul denke deur herhaalde skryfpogings, om sodoende 'n eie, professionele stem deur intensiewe skryfpraktyk te ontwikkel, en waarvoor hulle voortdurend terugvoer ontvang. 'n Verdere ontwikkeling is die ontstaan van die sogenaamde ''sosiale perspektief'' op skryfwerk vir die regspraktyk, waarvolgens dit as 'n konteksgebaseerde sosiale handeling beskou word. <BR>Die implikasies van hierdie teoretiese opvattinge is dat die onderrig van skryfwerk vir die regspraktyk 'n arbeidsintensiewe taak is wat deur opvoeders in die dissipline onderneem moet word. Verskeie modelle uit die VSA het aangedui dat die opleiding van senior studente om met hierdie taak te help, beskou kan word as 'n manier om die vermoë ns en die skryfvaardighede van beide dosent en junior studente te verbeter. Aan die Universiteit van Natal is hierdie model suksesvol aangepas en oor die afgelope drie jaar verfyn. Die toepassing van streng keuringsprosedures, deeglike monitering, opleiding en deeglike studieleiding is pogings om die sukses van die model te verseker en studentetutors is 'n belangrike bron om die probleem van skryfonderrig in regsfakulteite aan te spreek.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/1/EJC54513
2004-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error