1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Perspectives on narratives of (dis-)continuity in ''recent'' South African legal history. A review article of The Making of South African Legal Culture 1902-1936. Fear, Favour and Prejudice by Martin Chanock

USD

 

Abstract

In hierdie resensie-artikel bespreek die skrywer 'n boek van Martin Chanock (waarvan die volledige bibliografiese besonderhede aan die begin van die artikel verskyn) . Die bespreking vind plaas aan die hand van twee temas wat nie noodwendig (die enigste) sentrale temas in die boek is nie, naamlik narratiwiteit en (dis-)kontinuïteit in geskiedskrywing oor die ''onlangse'' Suid- Afrikaanse reg. ''Onlangs'' het hier 'n ruim betekenis en sluit die tydperk waaroor Chanock skryf (1902-1936) asook die era van konstitusionalisme sedert 1994 in. Die skrywer toon aan dat Chanock onvermydelik die verhouding tussen kontinuïteit en diskontinuïteit in die onlangse Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis (moet) problematiseer. Hierdie betoog word gevoer na aanleiding van vyf sentrale temas in die boek. <BR>Die resensent is baie positief oor die boek in sy geheel en is van oordeel dat elke Suid-Afikaanse juris wat regsontwikkelinge in die huidige tydsgewrig beter wil begryp, die boek behoort te lees.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/2/EJC54516
2004-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error