1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Legalising parallel imports under intellectual property law

USD

Abstract

Die gebrek aan toegang tot bekostigbare medisyne soos verlang deur die MIV / VIGS epidemie in Suid-Afrika het die belang van intellektuele eiendom op die voorgrond gedryf en noodsaak 'n heroorweging van die huidige Suid-Afrikaanse reg in soverre dit die benutting van intellektuele eiendom in die plaaslike konteks aangaan. Een wyse om produkte onderhewig aan intellektuele eiendomsregte meer bekostigbaar te maak is deur gebruik te maak van parallelle invoere. Hierdie artikel poog derhalwe om die impak van veral drie vorme van intellektuele eiendom, naamlik patentereg, outeursreg en die reg op handelsmerke, op die gebruik van parallelle invoere te ondersoek.
Die Ooreenkoms oor Handelsverwante Aspekte van Intellektuele Eiendomsregte (GATT-TRIPS) van die Wêreldhandelsorganisasie word dikwels voorgehou as rede vir 'n gebrek aan byvoorbeeld bekostigbare medisyne in ontwikkelende lande. 'n Evaluasie van die relevante bepalings van die GATT-TRIPS ooreenkoms wys duidelik dat die reëling van parallelle invoere oorgelaat word aan individuele lidlande.
Na oorweging van die Suid-Afrikaanse patentereg word voorgestel dat 'n ondubbelsinninge bepaling wat die beginsel van internasionale uitputting implementeer, in die Suid-Afrikaanse Wet op Patente ingesluit behoort te word om die bestaande probleme aan te spreek. So 'n wysiging sal gelyk alle probleme rondom die kontroversiële Wysigingswet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe oplos. 'n Ondersoek van Europese regspraak verskaf ook 'n aantal beslissings wat nuttig aangewend kan word in die Suid-Afrikaanse konteks.
'n Ondersoek van die Suid-Afrikaanse reg op handelsmerke toon aan dat hierdie gedeelte van die reg reeds die vraagstuk oor parallelle invoer hanteer aangesien dit voorsiening maak vir internasionale uitputting van handelsmerkregte. Hoewel Suid-Afrikaanse reg dus op die´ gebied 'n voorsprong het bo Europese reg, kan Europese beslissings oor herverpakking en her-etikettering wel nuttig hier aangewend word.
Voorts word gedemonstreer dat die Suid-Afrikaanse outeursregstelsel potensieel ook groot probleme inhou vir parallelle invoere. Sekere uniekhede van Suid-Afrikaanse outeursreg en die wyse waarop dit tans uitgelê word, kan lei tot 'n situasie van feitlik nimmereindigende monpolieë gebaseer op outeursregbeskerming. Ongelukkig verskaf die Europese reg weinig leiding in die verband aangesien dit eweneens gefragmenteerd is.
Ten slotte is die gevolgtrekking onafwendbaar dat die Suid-Afrikaanse situasie ten beste deur wetswysigings aan die Wet op Patente, die Wet op Handelsmerke en die Wet op Outeursreg aangespreek kan word deur uitdruklik die beginsel van internasionale uitputting daarin neerslag te laat vind.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/3/EJC54529
2004-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error