1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The role of human rights law in community development : a South African perspective

USD

 

Abstract

Gemeenskapsontwikkeling het verskeie dimensies. Dit sluit sosiale, ekonomiese, politieke, kulturele, omgewings- en persoonlike ontwikkeling in. In daardie sin word die verband tussen menseregte en gemeenskapsontwikkeling maar al te vanselfsprekend. 'n Begrip van, en 'n verbintenis tot, fundamentele menseregte is 'n belangrike beginsel van gemeenskapsontwikkeling. Byvoorbeeld, gemeenskapstrukture en -programme behoort op so 'n manier opgerig en ingestel te word dat hulle nie die beginsels van fundamentele menseregte oorneem nie. Die rol van menseregte in gemeenskapsontwikkeling kan daarom nie oorbeklemtoon word nie. <BR>Suid-Afrika is 'n gemeenskap in oorgang. Dit is 'n nuwe demokrasie wat eers onlangs tot stand gekom het na dekades van apartheid en koloniale oorheersing. Gemeenskapsontwikkeling in die land word daarom gerig deur sienings van transformasie wat onwillekeurig reflekteer op die aard van die samelewing. Die rol van menseregte is kritiek. Die Suid-Afrikaanse Handves van Regte, waar rondom die beskerming van menseregte in Suid-Afrika wentel, is ongetwyfeld een van die mees progressiewe in die wêreld. Dit bevat alle kategorieëvan menseregte wat gewoonlik ingesluit is in die meeste instrumente van internasionale menseregte. Hierdie artikel analiseer die rol van die Handves van Regte in gemeenskapsontwikkeling. Die artikel wys ook hoe die bevordering, en nie slegs die beskerming nie, van menseregte 'n belangrike doelwit in gemeenskapsontwikkelings kan wees.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/3/EJC54531
2004-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error