1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The possibility of postmodern legal interpretation : reading from a social constructionist perspective

USD

 

Abstract

Die interpretasie en toepassing van die reg in Suid-Afrika word reeds vir dekades deur 'n regspositivistiese stelsel bestuur. Hierdie modernistiese toepassing van interpretatiewe reëls en die toepassing van die reg soos dit is, eerder as hoe dit behoort te wees, het tot verskeie historiese ongeregtighede gelei. Hoewel verskeie pogings aangewend is om die interpretatiewe sisteem te wysig, was hierdie pogings sinneloos aangesien dit beskou kan word as variasies op dieselfde modernistiese melodie. In hierdie artikel stel ek, as alternatief vir die huidige interpretatiewe perspektiewe, 'n herkonfigurasie van die huidige voor deur die moontlikheid van postmoderne interpretasie te ondersoek. Alhoewel die postmoderne interpretasie strukturalistiese wetenskappe destabiliseer, beteken dit nie dat hierdie benadering 'n <I>laissez-faire-</I>benadering is waarin alle struktuur oorboord gegooi word nie. Ten einde ons modernistiese onsekerhede te oorkom, stel ek voor dat ons as eerste stap slegs 'n postmoderne bewussyn aanneem. Hierdie bewussyn kan tot stand gebring word deur gebruik te maak van die aannames van 'n postmoderne beweging genaamd sosiale konstruksionisme. Die standpunte van hierdie perspektief, wat stam uit die sosiale sielkunde, sal as interpretatiewe denkraamwerk dien wanneer die verskillende narratiewe in <I>Country of my Skull&lt;/I&gt; deur Antjie Krog ondersoek word. Krog herformuleer die narratiewe van die Waarheid- en Versoeningskommisie in 'n poging om die onregte van die verlede te oorkom. Hierdie literêre teks kan beskou word as katalisator wat die interpretasie van regstekste van 'n sosiaal-konstruksionistiese perspektief inisieer. Die hibried wat tussen sosiale-konstruksionisme en die literêre teks tot stand kom, baan die weg vir die moontlikheid van postmoderne regsinterpretasie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/15/3/EJC54538
2004-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error