1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Juvenile sentencing comes of age

USD

 

Abstract

Hierdie bydrae handel oor die uitspraak van die Hoogste Hof van AppeÁ l in &lt;I&gt;Brandt&lt;/I&gt; v S waar die hof 'n bepaalde vertolking geplaas het op artikel 51(3)(b) van die Strafregwysigingswet 105 van 1997 toegepas op die oplê van 'n voorgeskrewe minimum vonnis vir 'n jeugdige ouer as sestien maar jonger as agtien jaar. Daar was twee strominge in die regspraak van provinsiale Hoë Howe voor die <I>Brandt</I>-uitspraak. Aan die een kant is uitgegaan van die veronderstelling dat 'n jeugdige in die betrokke kategorie nie juis anders behandel behoort te word as enige ander beskuldigde wanneer die oplê van minimum vonnis oorweeg word nie. Volgens die ander siening (waarby die Hoogste Hof van Appél aansluiting gevind het) geld, in die lig van grondwetlike waardes en internasionale standaarde, maatstawwe wat dit moeiliker behoort te maak om 'n voorgeskrewe minimum vonnis, veral as dit gevangenisstraf behels, vir 'n minderjarige tussen sestien en agtien jaar op te lê . Die outeur prys die laasgenoemde benadering aan en wys op sekere konkrete effekte wat dit alreeds in latere regspraak gehad het.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/1/EJC54547
2005-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error