1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The meaning of the concept in South African land tenure legislation

USD

 

Abstract

Die woord &lt;I&gt;gemeenskap&lt;/I&gt; word dikwels in Suid-Afrikaanse grondgebruik wetgewing gebruik. Alhoewel dit gewoonlik in die woordomskrywings van sodanige wetgewing gedefinieer word as 'n groep persone wat geregtig is om 'n grondeis in te stel of herstel van grondregte te ontvang, word daar nie altyd omskryf of sodanige groep 'n regspersoon is of wat die aard van of vereistes vir sodanige entiteit moet wees nie. Voorts is dit duidelik dat die begrip &lt;I&gt;gemeenskap&lt;/I&gt; gewoonlik in die wye sin gebruik word, wat 'n familie, 'n groep verwante persone, persone wat as groep saamwoon of 'n stam kan insluit. <br>Die doel van hierdie artikel is om die verskillende betekenisse van die begrip &lt;I&gt;gemeenskap&lt;/I&gt; in grondgebruik wetgewing te ontleed met verwysing na toepaslike regspraak en literatuur. Die vereistes vir verenigings vir gemeenskaplike eiendom ingevolge die Wet op Verenigings vir Gemeenskaplike Eiendom 28 van 1996 en gemeenskappe ingevolge die Wet op Kommunale Grondregte 11 van 2004 word bespreek. Ten slotte word die regsposisie van stamme uiteengesit. Grond kan wel in die naam van 'n stam of 'n deel van 'n stam geregistreer word, mits sodanige entiteit as 'n regspersoon geïnkorporeer word ingevolge die voorskrifte van die Wet op Kommunale Grondregte, en dus funksioneer ingevolge 'n grondwet waarin demokratiese besluitnemingsprosesse en geslagsgelykheid toegepas word. <br>Die duidelike statutêre maatreëls in verband met geslagsgelykheid word verwelkom, maar dit is 'n ope vraag of hierdie beginsels, wat dikwels teenstrydig met inheemsregtelike reëls en gebruike is, deur tradisionele gemeenskappe toegepas gaan word. Om hierdie oogmerk te bereik sal daadwerklike insette van die Department van Grondsake noodsaaklik wees, wat opleiding en advies behoort in te sluit.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/1/EJC54549
2005-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error