1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The regulation of in-flight films

USD

 

Abstract

In Suid-Afrika, soos in menige ander jurisdiksies, word die publieke vertoon van films deur 'n stelsel van klassifikasie in terme van die Wet op Films en Publikasies 65 van 1996 gereguleer. Hierdie stelsel behels dat 'n film eers deur die Film- en Publikasieraad (FPR) geklassifiseer moet word alvorens dit aan die publiek vertoon word en dan slegs in terme van enige beperkings wat die FPR daarop geplaas het. Nie-nakoming van enige van hierdie vereistes is 'n misdryf. Een van die hoofoogmerke van hierdie regulering is die beskerming van kinders teen ongewensde materiaal. <br>Die vertoon van films op vliegtuie is 'n integrale deel van enige lang (veral internasionale) vlug. Aangesien (jong) kinders heel dikwels passasiers op sulke vlugte is, onstaan die vraag of bovermelde stelsel van film regulasie ook ten opsigte van filmvertonings aan boord vliegtuie geld. <br>In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die betrokke statutêre raamwerke waarbinne films en lugvervoer onderskeidelik gereguleer word. Daar word spesifiek op die interaksie tussen die onderskeie regulasies gefokus en tot die gevolgtrekking gekom dat daar 'n gaping in regulering tussen hierdie twee velde in die praktyk bestaan. Ten slotte word daar na 'n aantal beleidsoorwegings ten gunste van die regulering van films aan boord vliegtuie gekyk en moontlike wyses waarop sodanige regulering kan geskied word voorgestel.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/1/EJC54550
2005-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error