1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Students' perceptions of the problem method in law : implications for teaching practice

USD

 

Abstract

Hierdie artikel probeer die implikasies van regstudente se persepsies van die probleemmetode in regsonderrig vir die onderrigspraktyk peil. Die probleemmetode is 'n pedagogiese benadering wat veelal in regsfakulteite en -skole gebruik word. Navorsing oor onderrig het aan die lig gebring dat die beste manier vir dosente om hulle onderrig te verbeter, is om 'n studie van studente se leerervarings te maak. 'n Toename in begrip by dosente oor hoedat leer by studente plaasvind, bring verandering in onderrigpraktyke teweeg wat leer vir studente vergemaklik. Die grondaanname wat hierdie artikel onderlê, is dus dat 'n verstaan van die leerproses by studente, tot idees oor (en uiteindelik ter verbetering van) goeie onderrigspraktyke aanleiding kan gee, en gegewe hierdie aanname gee die skrywer 'n relaas van insigte (oor die interaksie tussen studente in klein groepe waar die probleemmetode gebruik is) wat hy as universiteitsdosent in 'n regsmodule by die Griffith University in Australië verwerf het. Op grond van hierdie insigte doen die skrywer voorts moontlike wyses waarop regsdosente hulle onderrigpraktyke kan verbeter aan die hand. Sy bevindinge dui daarop dat studente die probleemmetode as 'n onontbeerlike hulpmiddel vir die aanleer van regsvaardighede (soos probleemoplossing) ervaar.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/2/EJC54554
2005-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error