
Full text loading...
'n Dekade gelede is in <I>S v Mhlungu</I> aangetoon dat en hoedat die doelbewuste benadering ("purposive approach") tot grondwetsvertolking "plain meaning"-positivisme oortref ofskoon die heftige debat tussen voorstanders van albei die verskillende (en strydige) vertolkingsbenaderings wat in hierdie uitspraak gevolg is, geneig was om die redes vir die groter voortreflikheid van die doelbewuste benadering te versluier. Hierdie artikel probeer tekortkominge in die beoordeling van die <I>Mhlungu</I>-saak (en in sekere kommentare op die saak) regstel ten einde duidelik te maak wat doelbewustheid in der waarheid is en waarom dit verkieslik is bo die benadering wat volhou dat grondwetsvertolking met die vasstel van die "gewone" of "letterlike betekenis" van die grondwetsteks kan volstaan.
Article metrics loading...