1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The significance of consideration paid for post-employment restraints in England and Germany

USD

 

Abstract

Hierdie artikel is 'n vergelykende analise van die belang van teenprestasie betaalbaar vir post- indiensnemingsbeperkings in Engeland en Duitsland. Die skrywer gee dit ter oorweging dat sodanige teenprestasie behoort te verseker dat: <UL><LI>die werkgewer die koste van die voordeel wat sy deur 'n beperking van 'n voormalige werknemer bekom het, sal internaliseer om sodoende sy of haar (die werkgewer se) aanspraak op buitensporige beperkings aan bande te lê; &lt;LI&gt; die werkgewer die werknemer in verhouding tot die omvang van die beperking sal vergoed asook in verhouding tot die grootte van die werknemer se gebruiklike vergoeding, maar dan sonder om voormalige werknemers aan te moedig om gedurende die tydperk wat die beperking geld, ledig te bly; &lt;LI&gt; albei partye een of ander objektiewe standaard moet kan uitwys met verwysing waarna die afdwingbaarheid van die beperking beredeneer kan word en dít op so 'n wyse dat die nodigheid vir gedingvoering verminder word; en &lt;LI&gt; die openbare belang gedien sal word deur te verseker dat die werkgewer die werknemer nie kan bind aan 'n beperking wat die beskerming van enige wettige belang --- selfs al sou 'n teenprestasie betaal word --- oorskry nie.</UL> Die Engelse howe is geneig om nie op die teenprestasie betaalbaar vir tradisionele post- indiensnemingsbeperkings te fokus of die toereikendheid daarvan te bepaal nie. Dit word egter aan die hand gedoen dat al vier die oogmerke hierbo vermeld grotendeels gedien word deur die Engelse "garden leave", 'n kontraksmeganisme waardeur die werkgewer die werknemer haar volle salaris betaal vir 'n gestipuleerde tydperk van verlof wat op die kennisgewing van die beëindiging van indiensneming volg. In Duitsland dien die gedetailleerde regulering van teenprestasie betaalbaar vir post-indiensnemingsbeperkings ingevolge die Kommersiële Kode die eerste oogmerk gedeeltelik en die laaste drie oogmerke meer volledig, terwyl dit laer koste vir die werkgewer meebring (potensieel slegs 50% van die voormalige werknemer se vergoeding) en die werknemer aanmoedig om werk te vind wat nie op die beperking inbreuk maak nie. Die Duitse bepalings wat aftrekkings vir inkomste gedurende die tydperk van die beperking toelaat, is egter minder aantreklik want hulle hou nie behoorlik rekening met die belang van die teenprestasie as 'n téénvoordeel vir nakoming van die beperking nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/2/EJC54559
2005-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error