1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Law : the sacrificial tension between justice and economics

USD

 

Abstract

Hierdie artikel verduidelik die sosiale dinamiek van die reg in terme van die ewige spanning tussen ekonomie (die handhawing en nastrewing van eie belang) en geregtigheid (die bemoeienis met die ander ter wille van die ander, selfs ten koste van die self). Die verstaan van ekonomie en geregtigheid wat verwoord word in die artikel is gebaseer op die werk van George Bataille, Emanuel Levinas en veral Jacques Derrida. Al drie hierdie denkers se werk verwoord 'n weerstand teen die redusering van ons omgang met ander tot die najaag van wins en die blote handhawing van eie belange. Sodoende verwoord hulle ook 'n kragtige kritiek teen die ekonomiese etiek wat in die nasionale en internasionale kapitalistiese ekonomieƫ van ons tyd die dominante faktor in die omgang tussen individue en state geword het. Die argument van die artikel, in navolging van Derrida, is dat die reg weliswaar nie aan die eise van geregtigheid kan voldoen nie en altyd in 'n mindere of meerdere mate moet toegee aan die eise van ekonomiese oorwegings. Aan die ander kant kan 'n regstelsel wat ekonomiese belange nie in spanning plaas met en soms selfs wesenlik onderwerp aan die eise van geregtigheid nie, ook nie meer daarop aanspraak maak om reg te wees nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/2/EJC54560
2005-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error