1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Comparative law in action : the Jersey law of contract

USD

 

Abstract

Gemengde regstelsels het 'n onderwerp van groot belangstelling geword veral as gevolg van die vordering wat die Commission of European Contract Law gemaak het met die daarstel van 'n stel <I>Principles of European Contract Law&lt;/I&gt; (PECL) wat dalk nog eendag deur al die verskillende regstelsels van die Europese Unie aanvaar mag word. Sover dit die Britse Eilande betref, is daar baie geskryf oor ervaringe met Skotland se gemengde regstelsel terwyl ander voorbeelde heeltemal misgekyk is. In hierdie artikel word die regstelsel van die " `Bailiwick' of Jersey" van naderby bekyk. "Bailiwick" is die argaïese term vir die gebiede onder die jurisdiksie van 'n "bailie" of "bailiff" (balju) wat die mees suidelike gedeelte van die Britse Eilande uitmaak. Jersey, net soos Guernsey, 'n sustereiland, het 'n ryk <I>civil law</I>-tradisie omdat dit eens deel was van die Hertogdom van Normandië. In die een en twintigste eeu het albei eilande egter by 'n kruispad gekom waar dit wil lyk asof anglisering die inheemse reg gaan oorweldig. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die konflik in Jersey tussen regsreëls wat uit verskillende tradisies voortkom en na die oorlewingstryd wat dit meebring. Besondere klem word geplaas op die ontwikkeling van Jersey se kontraktereg wat lyk asof dit, pleks van trou te bly aan die Franse wortels daarvan, die Engelse reg toenemend navolg. Die skrywer doen aan die hand dat Jersey, pleks van te tob oor die verdringing van Frans georiënteerde kontraktereg deur Engelse reg, aktief deel moet word van die beraadslagings oor die aanname van 'n PECL en so 'n plek aan die voorpunt van 'n breër Europese beweging moet inneem.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/2/EJC54562
2005-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error