1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The relationship (or not) between rights of access to land and housing : de-linking land from its components

USD

 

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of artikels 25(5) en 26(1)-(2) van die 1996 Grondwet spieë lbeelde van mekaar is. Hierdie twee artikels handel oor die reg op toegang tot behuising en grond. Laasgenoemde is die klousule wat herverdeling van grond magtig. As gevolg van die feit dat die howe die onderskeid tussen die twee regte vertroebel is dit moelik om agter te kom wat die verhouding tussen hulle is. <BR>Om dit te kan doen word elk van die klousules onder die loep geneem, die impak van ander klousules in die 1996 Grondwet word in ag geneem en die sisteme of strukture waarbinne behuising en herverdeling van grond funksioneer word ontleed. <BR>'n Bestudering van die twee artikels lei tot die bevinding dat daar verskeie redes is waarom die twee regte nie dieselfde is nie. Veral die konsep &lt;I&gt;redelikheid&lt;/I&gt; dui daarop dat daar 'n verskil in inhoud en gevolg is. Wat hulle struktuur betref pas behuising in 'n netjiese struktuur gevorm deur wetgewing, beleid en programme wat verantwoordelikhede op al drie sfere van regering plaas. Herverdeling van grond het sy eie struktuur wat in die nasionale Departement van Grondsake gesetel is. <BR>Daar word bevind dat hierdie twee klousules nie as spieëlbeelde van mekaar gesien kan word nie, maar dat daar wel bande tussen hulle is. Grond moet gesien word in verskillende kontekste - grond vir doeleindes van landbou, grond vir doeleindes van herverdeling en grond vir doeleindes van behuising.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/3/EJC54567
2005-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error