1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - From to - are land claims in Canadian and South African law comparable?

USD

 

Abstract

Kanadese grondeise gebaseer op inboorlingtitel (&lt;I&gt;Delgamuukw&lt;/I&gt; beslissing) stem in verskeie opsigte ooreen met Suid-Afrikaanse grondeise gebaseer op inheemse eiendomsreg (<I>Richtersveld</I> beslissing), maar daar is ook grondliggende verskille. Die belangrikste verskil is geleë in die aard van die reg wat geëis word. In die &lt;I&gt;Delgamuukw&lt;/I&gt; beslissing het die <I>Supreme Court of Canada&lt;/I&gt; klem gelê op die feit dat inboorlingtitel deel van die Kanadese gemene reg vorm en sui generis is deurdat dit 'n vermenging is van die eiendomsbeginsels van Kanadese inheemse reg, Engelse <I>common law</I> en Franse <I>civil law</I>. Daarteenoor het die Konstitusionele Hof in die &lt;I&gt;Richtersveld&lt;/I&gt; saak beslis dat inheemse eiendomsreg nie aan die hand van Suid-Afrikaanse gemeenregtelike of Engelse <I>common law&lt;/I&gt; beginsels beoordeel moet word nie, maar suiwer aan die hand van die inheemse regsbeginsels van die betrokke stam of gemeenskap. Alhoewel hierdie regte in albei regstelsels konstitusioneel erken en beskerm word, word daar in sowel die Kanadese as die Suid-Afrikaanse reg erken dat hierdie regte nie absoluut van aard is nie en dat die owerheid sodanige regte in gepaste omstandighede kan uitwis, wegneem of beperk. Daar is egter in die Kanadese reg omvangryke voorskrifte betreffende die fidusiêre verpligtinge van die owerheid teenoor die oorspronklike bewoners en hulle regte ingevolge inboorlingtitel. In Suid-Afrika is daar nie soortgelyke fidusiêre verpligtinge nie en bestaan daar slegs konstitusionele beskerming in die algemeen. Dit is dus dringend noodsaaklik dat die fidusiêre verpligtinge van die staat teenoor inheemse grondgebruike en -gebruikers uitdruklik uitgespel word. In albei regstelsels word erkenning verleen aan die feit dat hierdie regte ekonomiese implikasies inhou en dat dit nie net gebruik en okkupasie van grondstukke behels nie, maar ook mineraalregte insluit. Die bepaling van die inhoud van inheemse eiendomsreg is van groot belang by die formulering van 'n beleid oor die hantering van grondeise gebaseer op kommunale eiendom in Suid-Afrika.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/3/EJC54568
2005-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error