1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Restoring land : the claims of Aboriginal title, customary law and the right to culture

USD

 

Abstract

Die beginsel van inheemsregtelike titel <I>(aboriginal title)&lt;/I&gt; het vir die eerste keer voorgekom in die Suid-Afrikaanse regspraak, toe die Richtersveld-gemeenskap 'n eis ingestel het vir die teruggawe van hulle voorvaderlike grond. Hoewel hierdie dispuut 'n ideale geleentheid gebied het om te bepaal of inheemsregtelike titel wel deel van die Suid-Afrikaanse reg is, het die drie betrokke Howe wat die saak aangehoor het, elke keer die aangeleentheid vermy. Alhoewel die Richtersveld- gemeenskap uiteindelik suksesvol was met hul grondeis, was die besluit gebaseer op die beginsel van "gewoonteregtelike belang" wat uitdruklik deur die Wet op Herstel van Grondregte 22 van 1994 beskerm word. Desnieteenstaande, het beide die Hoogste Hof van Appèl en die Konstitusionele Hof die konsep van "gewoonteregtelike belang" beliggaam deur veral te verwys na internasionale uitsprake oor inheemsregtelike titel. <BR>In hierdie artikel word die rol van inheemsregtelike titel in die Richtersveld-uitsprake ondersoek en word dit vergelyk met die twee alternatiewe grondslae waarop 'n grondeis gebaseer kan word, naamlik die Inheemse reg en die reg op kultuur. Daar word aan die hand gedoen dat daar wel 'n band is tussen inheemsregtelike titel en die tradisionele gebruike van 'n gemeenskap wat aanspraak maak op grond. Inheemsregtelike titel is nie onderhewig aan die Inheemse reg of kulturele regte nie, maar behoort eerder 'n onafhanklike grondslag te wees waarop 'n eis om teruggawe van grond gebaseer kan word. Boonop behoort nóg die Inheemse reg nog die reg op kultuur gebruik te word by die omskepping van aansprake op grond na titel tot grond.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/3/EJC54569
2005-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error