1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Transitional justice and the right to property under the European Convention on Human Rights

USD

 

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die hantering van eise vir restitusie ingestel deur diegene wat eiendom verloor het in die voormalige Kommunistiese State van Sentraal- en Oos-Europa. Alhoewel baie van die eise vir die herstel van eiendomsreg reeds aangespreek is by wyse van uitgebreide wetgewing deur post-sosialistiese regerings, duur die litigasie van eise wat ingestel is op grond van menseregte in internasionale tribunale voort. Die fokus van die artikel is dus op die uitsprake van die Europese Hof vir Menseregte en die Europese Konvensie van Menseregte oor die die toepassing van die reg tot eiendom en vryheid van diskriminasie in die konteks van geregtigheid in 'n oorgangsfase. <BR>Die meeste eise vir die herstel van regte tot eiendom word gebring onder Artikel 1 van die Eerste Protokol tot die Europese Konvensie (P1-1). Verder is artikel 14 ook van belang, veral met betrekking tot geregtigheid gedurende 'n fase van oorgang. Die gevolgtrekking is dat wanneer die regsteoretiese ontwikkelings, soos bespreek in die artikel, gesamentlik oorweeg word, die aanwendbaarheid van die rels m.b.t. P1-1 en artikel 14 duidelik 'n groot aantal dispute uitsluit. Dit blyk dus moontlik te wees vir die betrokke State om die omvang van hulle aanspreeklikheid te bepaal t.o.v. die persone wat geregtigheid vereis. Dit wil verder voorkom asof die beslissings nie enige menseregte kwessies opper nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/3/EJC54570
2005-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error