1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - The irreversibility of commodification

USD

 

Abstract

As 'n saaklike reg eers gevestig het, is dit baie moeilik en duur om dit ongedaan te maak. Veral konstitusionele en wetgewende prosesse versterk saaklike regte juis om individue te beskerm teen onteiening sonder vergoeding. Geregtelike prosesse is in die sin baie meer subtiel en kan help om regte meer buigsaam te maak, alhoewel daar baie regspraak bestaan teen die versteuring van saaklike regte. In die meeste regstelsels word saaklike regte juis versterk deur die beginsel van <I>numerus clausus</I>. Dit dui aan dat eiendomsreg slegs 'n geslote aantal regte en verpligtinge omvat. Die <I>numerus clausus&lt;/I&gt; beginsel beperk verder ook die hoeveelheid nuwe regte wat as saaklik geklassifiseer kan word om te voorkom dat eienaarsbelange gefragmenteer word en om regsekerheid in die hand te werk. Die <I>numerus clausus&lt;/I&gt; beginsel skep ook 'n onderliggende onheroepbaarheid by saaklike regte. Vanweë hierdie onheroepbaarheid, kan die byvoeging van nuwe regte tot probleme lei wat nie maklik reggestel kan word deur die inmenging van howe nie. Die <I>numerus clausus&lt;/I&gt; beginsel verseker in hierdie verband dat nuwe regte wel effektief behoeftes sal vervul.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/16/3/EJC54577
2005-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error