
Full text loading...
Hierdie artikel bespreek die onlangse beslissing van die Kaapse Belastinghof waarin bevind is dat die betaling van 'n tantie` me vir die gebruik van 'n handelsmerk en ander simbole nie aftrekbaar is ten einde 'n belastingbetaler se belasbare inkomste te bereken nie. Die hof se beslissing dat hierdie tantième van 'n kapitale aard is word ontleed en gemeet aan die regsbeginsels neergelê deur die howe om te bepaal of 'n uitgawe van 'n kapitale aard is al dan nie. Die gevolgtrekking word gemaak dat die beslissing nie korrek is nie.
Article metrics loading...