1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Codes of conduct for the financial services industry

USD

 

Abstract

In die praktyk is besigheidsbeginsels en -reëls vir die verskillende sektore van die finansiële dienstebedryf gewoonlik in die vorm van vrywillige, nie-statutêre gedragskodes of statutêre gedragskodes, meestal in die vorm van ondergeskikte wetgewing. Die doelwitte van nie-statutêre kodes is gewoonlik om riglyne aan die lede van industrie verteenwoordigende liggame oor ooreengekome praktykstandaarde te gee en om aan verbruikers die voordeel van gehalte diens te verskaf. Vrywillige gedragskodes word dikwels as 'n alternatief tot staatsbeheer gesien, maar dit het egter beperkinge van sy eie vanweë faktore soos die gebrek aan regseffek vir verbruikers en aanspreeklikheid van die promulgeerders van gedragskodes, asook die beperkte toepassingsveld van gedragskodes. Gevolglik bestaan daar reeds statutêre gedragskodes vir verskeie sektore van die finansiële dienstebedryf soos die versekeringsbedryf, lede van beurse en verskaffers van finansiële dienste. Oorweging kan geskenk word om die konsep van bindende statutêre gedragskodes uit te brei na sektore soos die bankbedryf, mediese skemas, kollektiewe beleggingskemas asook pensioenfondse en onderlinge hulpverenings. <BR>Industrie gedragskodes behoort deur die betrokke reguleerders goedgekeur te word en selfs voorgeskryf te word waar die bedryf onwillig is of nie die vermoë het om 'n gedragskode daar te stel wat verbruikers se belange op die hart dra nie. Daar moet ook toegesien word dat gedragskodes behoortlik afgedwing word en dat ombudskemas toegelaat word om bindende beslissings te maak waar die gedragskodes nie nagekom word nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/2/EJC54589
2006-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error