1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Reduction or discharge of debts : the hidden tax dangers

USD

 

Abstract

Kapitaalwinsbelasting, inkomstebelasting en belasting op toegevoegde waarde gevolge kan intree wanneer 'n skuld kwytgeskeld of verminder word. Ingevolge paragraaf 12(5) van die Agtste Bylae tot die Inkomstebelastingwet ontstaan 'n kapitale wins in die hande van die skuldenaar tot die mate wat die skuld kwytgeskeld is. Indien die skuld van 'n inkomste aard was en die skuldenaar die skuld as aftrekking vir inkomstebelastingdoeleindes geëis het, word die bedrag van die skuld wat kwytgeskeld is, by die skuldeiser se bruto inkomste gevoeg ingevolge die bepalings van artikel 8(4)(m). Addisioneel kan die kwytskelding ook as 'n geskenk vir belasting op geskenkdoeleindes en in sekere omstandighede as 'n dividend vir sekondêre belasting op maatskappydoeleindes beskou word. <BR>Afgesien van die toepassing van paragraaf 12(5) bepaal paragraaf 20(3)(b) dat die basiskoste van 'n bate verminder moet word tot die mate wat uitgawes met betrekking tot die verkryging van die bate verhaal is. Die gevolg is dat waar die skuld ontstaan het as gevolg van die verkryging van 'n kapitale bate, kwytskelding van 'n skuld tot gevolg het dat 'n kapitale wins in die hande van die skuldenaar ontstaan, maar die basiskoste van die bate wat verkry is ook dienooreenskomstig verminder moet word. <BR>Indien die skuldenaar ook 'n insetbelastingkrediet vir die BTW gedeelte van die skuld geëis het en die uitstaande skuld nie binne twaalf maande gedelg word nie, moet die skuldeiser die BTW ingevolge artikel 22 van die Wet op die Belasting van Toegevoegde Waarde terugbetaal.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/2/EJC54591
2006-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error