1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Rape Trauma Syndrome under South African law : a focus on instituting civil damages for male and female victims of rape : part 2

USD

 

Abstract

Hierdie artikel ondersoek verkragting trauma sindroom as 'n juridiese en kliniese fenomeen. Die aard van verkragting trauma sindroom word bespreek en daar word tot die gevolgtrekking gekom dat slagoffers van verkragting, ongeag ouderdom of geslag, simptome van verkragting trauma sindroom kan toon. Daar word spesifiek verwys na moontlikhede waar verkragting of verkragting trauma sindroom deliktuele aanspreeklikheid van 'n dader kan beïnvloed. Daar word getoon dat dit problematies is om verkragting of verkragting trauma sindroom as 'n selfstandige delik te beskou omdat beide elemente van &lt;I&gt;iniuria&lt;/I&gt; en <I>damnum iniuria datum&lt;/I&gt; insluit, en hierdie aksies se vereistes ongelyksoortig is. Vanwee die verreikende gevolge wat verkragting en dus verkragting trauma sindroom vir slagoffers van verkragting inhou, blyk dit dat die tyd aangebreek het om meer aandag en gewig te verleen aan verkragting trauma sindroom as 'n erkende stel simptome wat die psigologiese aard van 'n verkragting aandui, en dus die bewys van skade sal vergemaklik.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/2/EJC54592
2006-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error