1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - ''Subsidiarity'' : what's in the name for constitutional interpretation and adjudication?

USD

 

Abstract

Met 'n &lt;I&gt;dictum&lt;/I&gt; van Kentridge WnR in <I>S v Mhlungu&lt;/I&gt; 1995 7 BCLR 793 (1995 3 SA 867) (CC) par 59 as vertrekpunt, verken die skrywer die belang van subsidiariteit in (en vir) grondwetsvertolking en beregting. Hy identifiseer Kentridge WnR se omsigtigheidsvermaning dat enige saak, siviel of krimineel, verkieslik beslis moet word sonder om 'n grondwetlike geskilpunt daarvan te maak (''without reaching a constitutional issue'') as 'n verskyningsvorm van <I>beregtende subsidiariteit</I> wat van 'n hof verg om 'n a-(of minstens indirek) konstitusionele bo 'n streng konstitusionele wyse van geskilberegting te verkies wanneer die beslegting van die regsvraag vir die eersgenoemde ruimte laat (en nie noodsaaklikerwys die laasgenoemde verg nie). Dít onderskei die skrywer van <I>jurisdiksionele subsidiariteit&lt;/I&gt; wat manifesteer as voorkeur vir 'n minder intens bemagtigde en minder omvattende (''laer'') forum om 'n (grondwetlike) saak af te handel wanneer dit ook al moontlik is. Die potensiaal van altwee vorme van subsidiariteit om tot die ontwikkeling van die bestaande (veral gemene-)reg by te dra op 'n wyse wat grondwetlike waardes en regte bevorder, word ondersoek. <BR>Na oorweging van moontlike voetangels wat 'n onbehoorlike beroep op subsidiariteit in die grondwetsvertolker en - beregter se pad kan plaas, word tot die slotsom geraak dat nadenkende steun op subsidiariteit in grondwetsvertolking en -beregting die tweerigtingverkeersvloei tussen grondwetlike waardes, regte en norme aan die een kant, en die waardes, regte en norme van (en ingevolge) die bestaande reg aan die ander kant aansienlik kan help vlot. Om subsidiariteit by die naam te noem en oor die eienskappe en effekte daarvan te besin kan, volgens die outeur, ons verstaan van die heilsame uitwerking wat (die implementering van) subsidiariteit kan hê, aansienlik verdiep (soos wat gebeur het met ''proporsionaliteit'' as maatstaf vir die beperking van grondwetlike regte). Subsidiariteit kan daartoe bydra dat die Grondwet 'n bestaanswyse, eie aan sigself, deur die lewende reg verwesenlik-en dat die lewende reg, deur die Grondwet bemagtig en besiel met waardes wat die gees, strekking en oogmerke van die Grondwet adem, kreatief en vernuwend kan groei.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/2/EJC54596
2006-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error