1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Death, mourning and melancholia in post-modern contract - a call for (re)establishing contract's connection with the ethical

USD

 

Abstract

Hierdie artikel poog om die verhouding tussen dood, rou en 'n etiese benadering tot die kontraktereg te problematiseer. Daar word geargumenteer dat die moontlikheid van die etiese verhouding bedink kan word in 'n bewussyn van onvervangbare enigheid (dood) van beide die self en die ander. Wanneer die moontlikheid van die etiese verhouding herbedink word, impliseer dit noodwendig 'n heroorweging van die reg wat poog om die realiteite waarbinne die etiese kan geskied, te reguleer en selfs af te dwing. Die artikel neem die kontraktereg as voorbeeld en argumenteer dat die kontraktereg 'n voorbeeld is van hoe die reg ontkoppel word van die etiese en wat die gevolge daarvan is. Daar word geargumenteer dat die reg herbedink kan word deur 'n proses van rou. Hierdie proses geskied na melankolie en behels 'n spesifieke omgaan met 'n narratief van dood en rou: 'n terugkeer na die eties-politiese prosesse van die &lt;i&gt;polis&lt;/i&gt; wat essensieël is vir die moontlikheid van transformasie. Die artikel steun op werke van Derrida, Gillian Rose, Drucilla Cornell en Grant Gilmore. Die allegorie waardeur die argument deurgaans beweeg is die verhaal van Leontius wat afkomstig is uit Plato se <i>Die Republiek.&lt;/i&gt;

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/17/3/EJC54604
2006-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error