1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Absolving historical polluters from liability through restrictive judicial interpretation : some thoughts on

USD

 

Abstract

In 2006 1 SA 432 (T) het 'n gemeenskap 'n eis teen onder andere 'n mynmaatskappy ingestel om 'n asbesmyn in hulle gebied te rehabiliteer. Die oorblyfsels van die myn het die omgewing besoedel en die gemeenskap se gesondheid benadeel. Die Hof het beslis dat artikel 28 van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur 107 van 1998, wat die sogenaamdevoorkomings- en besoedelaar-betaal-lewenssiklusaanspreeklikheidsbeginsels bevat, nie terugwerkende krag het nie. Besoedelaars kan volgens die Hof nie aangespreek word vir besoedeling wat voor 1 November 1999 plaasgevind het nie. Die Hof het ook bevind dat die regulasies wat kragtens die Wet op Myne en Bedrywe 27 van 1956 uitgevaardig was, nie meer geld nie en dat die myne ook nie daarvolgens aanspreeklik gehou kan word nie. Die uitspraak veroorsaak probleme, aangesien heelwat van Suid-Afrika se besoedeling histories van aard is en veroorsaak is toe daar nog nie 'n behoorlike regsraamwerk ten aansien van besoedeling bestaan het nie. Die artikel argumenteer teen die beperkende uitleg wat die Hof opgelê het, en verwys in dié verband na diebeginsels van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur, artikel 28 van die Wet, die eie aard van besoedeling en die reëls van wetsuitleg.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/18/1/EJC54611
2007-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error