1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Enforcing the right not to be refused emergency medical treatment : towards appropriate relief

USD

 

Abstract

Hierdie artikel bespreek die afdwinging van die grondwetlike reg om nie mediese noodbehandeling geweier te word nie. Daar word geargumenteer dat die Grondwetlike Hof se algemene benadering tot die uitleg van sosio-ekonomiese regte (ingevolge waarvan sodanige regte tipies nie individueel-afdwingbare voordele inhou nie) nie die moontlikheid van 'n effektiewe, individuele remedie in geval van 'n skending van die reg op noodbehandeling uitskakel nie. Die artikel plaas die reg (wat in artikel 27(3) van die Grondwet verskans word) in die tekstuele en remediërende konteks van die Handves van Menseregte en stel 'n belang-gefokusde uitleg van die reg voor, wat aandui dat daar verskeie moontlike remedies vir onregmatige inbreukmaking op die reg bestaan. Vervolgens word die Grondwetlike Hof se uitleg van die onderhawige reg in krities bespreek, waarna oor die indirekte (vertikale en horisontale) afdwinging van die reg deur middel van die ontwikkeling van die gemenereg (en spesifiek die deliktereg) besin word. Die artikel kom tot die slotsom dat onregmatige inbreukmaking op die reg om nie noodbehandeling geweier te word nie uiteraard in sekere omstandighede as direk en individueel remedieërbaar beskou behoort te word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/18/1/EJC54615
2007-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error