1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - Defending discrimination : on the constitutionality of independent schools that promote a particular, if not comprehensive, vision of the good life

Volume 18, Issue 1
  • ISSN : 1016-4359
  • E-ISSN: 1996-2193
USD

 

Abstract

Hierdie artikel beantwoord die vraag tot watter mate dit vir onafhanklike skole aanvaarbaar is om teen leerders te diskrimineer ten einde die legitieme grondwetlike oogmerke van verskeie godsdienstige, kulturele en taalgemeenskappe te bevorder. 'n Noukerige analise van die Grondwet bring aan die lig dat enkelmedium-openbare skole, geloofsgebaseerde skole of kultureelhomogene openbare skole nie grondwetlik gewaarborg word nie, maar dat artikel 29(3) wel aan leerders en hul ouers die reg verleen om uit hul eie sak onafhanklike skole te bou wat hul voorkeurmedium van onderrig aanbied, wat 'n spesifieke kulturele etos versterk, of wat 'n omvattende godsdientige opvatting van "die goeie lewe" bevorder. Die antwoord op die vraag oor die mate waartoe hierdie artikel 29(3)-skole mag diskrimineer, is te vind in 'n noukeurige analise van die Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act (PEPUDA). Behoorlik uitgelê, voorsien PEPUDA dat onafhanklike skole 'n taalkundige, kulturele en godsdienstige voorstelling van die goeie lewe bevorder op 'n wyse wat op die oog af diskriminerend lyk. Die toelatingsbeleide of uitsettingsprosedures wat deur onafhanklike skole gebruik word, mag tussen leerders diskrimineer so lank as wat die diskriminasie (a) die taalkundige, kulturele of godsdienstige doelwitte van die skool bevorder; (b) dit doen deur middele te gebruik wat noukeurig ontwerp is om hierdie doelwitte te bevorder; en (c) nie die waardigheid van die leerder aantas nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/18/1/EJC54617
2007-01-01
2017-11-18

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error