
Full text loading...
Die EMV (Europay, Mastercard en Visa) stelsel is onlangs deur ABSA geïmplementeer. Die stelsel maak gebruik van 'n sogenaamde smart card skyfiekaart wat daarop gemik is om die ongemagtigde gebruik van kredietkaarte uit te skakel. Kaarte bevat spesiale skyfies met PIN-nommers wat die kaarthouer identifiseer. Alhoewel hierdie stelsel 'n besondere vordering in tegnologie is, kom bedrog ongelukkig nog steeds voor. Verslae van bedrog in Brittanje en Frankryk is al gerapporteer. Onderskeie probleme kan moontlik ondervind word waar die stelsel nog nie volledig geïmplementeer word nie, soos in die geval waar kaartleesmasjiene beide magnetiese kaarte en smart-kaarte aanvaar; waar smart-kaarte nie gebruik word nie, soos byvoorbeeld in die geval van tweeledige kredietkaarte; en waar internet- en telefoniese aankope gemaak word. 'n Belangrike vraag wat beantwoord moet word is op wie die risiko rus - op die kaarthouer of op die uitreiker? Om hierdie vraag te beantwoord, word 'n onderskeid getref tussen die posisie waar daar ongemagtigde gebruik van die oorspronklike kredietkaart is, en die posisie waar 'n afsonderlike gekloonde kaart gebruik word. Daar word dan na die beginsels van kontraktereg en deliktereg gekyk om 'n moontlike oplossing te vind.
Article metrics loading...