1887

n Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif - On rights, rules, relationships and refusals : a reply to Van Marle's "Jurisprudence of Generosity"

USD

 

Abstract

The varied pleasures of reading a Van Marle article - peppered with references to favourite philosophers (Arendt), movie directors (Eastwood), and authors (Auster) - work a spell that generally suppresses this reader's bemusement with her often aphoristic, sometimes kaleidoscopic prose. And so it is with her most recent work, "Laughter, Refusal, Friendship: Thoughts on a 'Jurisprudence of Generosity'." Given that such pleasures qualify as decadent by the standards of your average law review article, it might make criticism of "Jurisprudence of Generosity" seem almost churlish.

Die genot verskaf deur 'n Van Marle-artikel is so bekorend dat dit oor die algemeen die verbystering onderdruk wat teweeggebring word deur haar dikwels aforistiese en soms kaleidoskopiese prosa. So is dit ook met haar mees onlangse werk, "Laughter, Refusal, Friendship: Thoughts on a 'Jurisprudence of Generosity'" 2007 LR 194. Maar, selfs begaafde skrywers soos Van Marle bied "waarnemings" waarop geantwoord moet word. Die behoefte aan so 'n antwoord het inderdaad minder te doen met die waarnemings self as met die aanbiedingswyse - die gebrek aan 'n presiese en duidelike uiteensetting - van haar hoofoogmerke. Van Marle weier botweg om in 'n standaard - droë - akademiese styl te skryf. In die geval van hierdie artikel verberg haar styl egter belangrike inhoudelike kwessies. Dit is jammer, want haar "ethics of refusal" lei 'n nuwe era in Suid-Afrikaanse regsfilosofie in. Ten einde groter duidelikheid te bied oor die aard van Van Marle se werk, het die outeur sy antwoord in vier afsonderlike dele verdeel. In deel 2 knoop die outeur die stryd aan met Van Marle se oënskynlik refleksiewe en bykans holrug geryde afwys van menseregte as 'n medium vir transformasie, alhoewel die verskille uiteindelik nie so groot is as wat dit eers mag voorkom nie. In deel 3 voer die outeur aan dat Van Marle in haar kritiek op die "manlikheid" van Westerse filosofie haar aan 'n vorm van oppervlakkige essensialisme oorgee wat sy gewoonlik vermy. In deel 4 merk die outeur op dat Van Marle, nadat sy op tekortkominge in die mansgedomineerde tradisie van Westerse filosofie gewys het, vertroosting in Clint Eastwood se meer onlangse films vind. Haar kantaantekeninge oor Eastwood het wel sekere deugde, maar dit beteken nie dat Eastwood se werk besonder geskik is om Van Marle se metafisiese lading te dra nie. In deel 5 stel die outeur voor dat Van Marle en hy neig om in verskillende gildes te werk. Maar daar word nooit 'n hiërargie van gildes voorgestel nie - inteendeel. Net soos die outeur dink dat sy werk oor die grondwetlike reg besonder gebaat het by Van Marle en ander regsfilosowe wat gereeld poog om hom uit sy dogmatiese sluimer wakker te maak, sal Van Marle se werk baat deur die noulettende lees van die reg soos weerspieël in die werke van die beter akademici in die veld.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_slr/18/3/EJC54636
2007-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error