1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die oorleef 'n woeste aanslag : regspraak

USD

 

Abstract

Moderne Suid-Afrikaanse deliktereghandboeke verkondig sonder uitsondering dat die , wat uit die vroegste tydperk van die Romeinse reg dateer, vandag nog 'n rol speel as basis vir vorderinge wat spruit uit die gedrag van huisdiere of mak diere (sien bv Neethling, Potgieter en Visser (2002) 392 ev; Burchell (1993) 250 ev; Van der Merwe en Olivier (1989) 486 ev; sien ook Van der Merwe en Rabie "Animals" vol 1 (1e heruitreiking 1993) 232 ev). Die nut van hierdie aksie is juis daarin geleë dat die eiser nie enige van die sogenaamde "delikselemente" aan die kant van die verweerder hoef te bewys nie: die regsmiddel dank sy ontstaan en voortbestaan aan die behoefte om eienaarskap, eerder as skuld (waarby onregmatigheid by implikasie inbegrepe is), as aanspreeklikheidsbasis te aanvaar - 'n gegewe wat daarop dui dat ons hier met een van die vroegste vorms van risiko-aanspreeklikheid te make het (vgl veral Van der Merwe (LLD verhandeling Unisa 1970) 58 wat na aanleiding van die uitspraak in (1927 AD 310) tot die slotsom kom: "Blote eienaarskap van die dier word as basis vir aanspreeklikheid aanvaar. Hierdeur word die historiese ontwikkeling van die aksie bevestig en by moderne omstandighede aangepas.")

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/1/EJC54814
2003-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error