1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Directors' disqualification : defining directors' duties - or mere alliteration from a Dickensian heritage?

USD

 

Abstract


In hierdie artikel bespreek die skrywer die invloed van die Engelse van 1986. Die vraag word ondersoek of hierdie wet nuwe objektiewe standaarde stel waarvolgens die howe kan beoordeel of direkteure onbevoeg is om by die bestuur van 'n maatskappy betrokke te wees. Aan die hand van die bekende saak 1 BCLC 433 verduidelik die skrywer hoe die hof, op aandrang van openbare beleid, die vae standaarde vervat in die wet gekonkretiseer het. Die gemeenregtelike pligte van direkteure is uitgebrei om in te sluit: eerstens, die plig om hulleself te vergewis van die maatskappy se bedrywighede, en, tweedens, die plig om verantwoordelikheid te neem vir toesighouding oor diegene aan wie hulle spesifieke take en funksies delegeer. Die skrywer kom tot die gevolgtrekking dat die Engelse wetgewing en die howe se interpretasie daarvan direkteure se sorgsaamheidsplig geherdefinieer het om in te pas by 'n moderne en meer komplekse kommersiële omgewing.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/1/EJC54821
2003-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error