1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The law of organ transplantation

USD

 

Abstract


Daar is tans 'n drastiese tekort aan beskikbare organe vir oorplanting, wat wêreldwyd 'n menigte wetgewing ontketen het om, onder andere, die verkoop van organe te verbied. Organe word vanaf 'n skenker wat oorlede is ontvang, of vanaf 'n lewende skenker. In die geval van 'n skenker wat oorlede is, is dit belangrik dat die posisie met betrekking tot kriteria vir die oomblik wat 'n persoon regtens geag word oorlede te wees, vasgestel word. Suid-Afrika en vele state in die VSA laat skenkings in lewe anders as die familie van die ontvanger toe, mits die skenking sonder enige vergoeding gedoen word. Sommige state in die VSA vergoed wel die skenker op 'n indirekte manier, byvoorbeeld die uitbetaling van 'n polis by die dood van die skenker. Ander lande, byvoorbeeld die Verenigde Koningkryk, laat slegs skenkings in lewe toe indien die skenker familie van die ontvanger is. Aangesien daar so 'n tekort aan organe is, is dit belangrik dat die toekenning van die organe billik geskied. Hierdie artikel ondersoek die regsposisie met betrekking tot die skenking van organe na die dood van 'n persoon, skenking van organe deur 'n lewende persoon en die toekenning van die geskenkte orgaan, soos die posisie hom voordoen in die VSA, die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/1/EJC54823
2003-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error