1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Metaphoric reasoning and transformative constitutionalism (part 2)

USD

 

Abstract


Regsdenke word in terme van metafore gestruktureer. Die metaforiese aard van regsdenke word egter dikwels deur regsgeleerdes negeer, wat nog vasklou aan die objektivistiese siening dat regsbegrippe met 'n objektiewe werklikheid ooreenstem. In dié artikel, ondersoek die skrywer 'n aantal metafore wat onderliggend was aan die apartheidsregsorde, sowel as sommige van die metafore wat gebruik word om die nuwe grondwetlike orde te beskryf. Die skrywer argumenteer dat die idee van regte as verhouding en / of dialoog, en die metafore van balansering en regte as straalvormige kategorieë veel meer kritiese en transformerende moontlikhede bied as die idee van regte / begrippe as houers. Die metafore wat gebruik word om die nuwe grondwetlike orde te beskryf, beklemtoon egter self sekere aspekte van ons ervaring ten koste van ander, en moet self voortdurend herinterpreteer en opnuut bedink word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/1/EJC54826
2003-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error