1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Reconstructing the private / public dichotomy? The enforcement of children's constitutional social rights and care entitlements

USD

 

Abstract


Die tradisionele onderskeid tussen die publieke en private sfere in die reg beïnvloed noodwendig die manier waarop die afdwinging van kinderregte benader word. Die verwesenliking van sosio-ekonomiese regte word verder in die algemeen bemoeilik deur die neo-liberale diskoers van persoonlike welsynsverantwoordelikheid. Hierdie artikel behandel die wisselwerking tussen die bogemelde "tradisionele" en "neo-liberale" diskoerse in die konteks van kinders se grondwetlike sosio-ekonomiese regte en aansprake op sorg. Deur die uitgangspunte ten opsigte van die rol van publieke en private instansies in die verwesenliking van kinderregte in twee onlangse hofuitsprake te ontleed en kontrasteer, toon die artikel dat sodanige wisselwerking die gevolg kan hê dat kinders se sosio-ekonomiese regte sonder effektiewe afdwingingsmeganismes gelaat word. Die artikel lewer verder kommentaar op die interaksie tussen die gemeenregtelike bevoegdhede van ouers en die grondwetlike regte van hul kinders, en argumenteer teen die afskaling van die staat se sosio-ekonomiese verpligtinge teenoor kinders.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/1/EJC54827
2003-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error