1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die afkoelreg vir kopers, huurders en geldleners word stelselmatig uitgebrei : aantekeninge

USD

 

Abstract

Daar bestaan nogal 'n gewilde wanopvatting dat 'n mens 'n kontrak eensydig kan beëindig indien jy nie tevrede is met jou afspraak nie, veral by sogenaamde verbruikerskontrakte. Dit is natuurlik nie die geval nie. 'n Kontrak mag net in besondere omstandighede deur 'n eensydige regshandeling tot niet gemaak word, byvoorbeeld op grond van wesenlike kontrakbreuk van die ander party, of onbehoorlike optrede aan sy kant wat kontraksluiting voorafgegaan het (bv 'n wanvoorstelling wat wilsooreenstemming ontlok het), of 'n bepaling in die kontrak wat aan die betrokke party die reg verleen om teen betaling van 'n sekere bedrag die kontrak regmatig te beëindig (bv 'n roukoopbeding), of bloot 'n bepaling wat die skuldenaar magtig om binne 'n sekere tydperk die regsband te ontbind. Laasgenoemde kom nogal voor in sekere bedrywe waar deelnemers binne daardie bedryf vrywillig onderling, of deur middel van 'n handelaarsvereniging waartoe hulle behoort, besluit om 'n bepaling in hulle standaardkontrakte op te neem wat aan verbruikers die reg verleen om binne 'n sekere tydperk - gewoonlik enkele dae - die kontrak sonder opgaaf van redes te beëindig. Hierdie stap word gewoonlik geneem ter beskerming van die beeld van die betrokke bedryf wanneer die hele bedryf of lede daarvan oor 'n tydperk van wanpraktyke of ongure verkoops- en oorredingsmetodes beskuldig is.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/2/EJC54834
2003-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error