1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - The erosion of academic freedom in South Africa : reflections on a battle forfeited

USD

 

Abstract


Op 27 Februarie 2003 het die raad van die Randse Afrikaanse Universiteit besluit om nie die besluit van die regering om RAU en TWR saam te smelt, teen te staan nie. Daarmee het die samesmelting 'n voldonge feit geword, maar die mate waarin akademiese vryheid en hoër onderwys in die algemeen in die proses skade berokken is, verg verdere ondersoek.
Ten einde die besluit van die regering in die korrekte konteks te beoordeel, word in hierdie bydrae eerstens kortliks ondersoek ingestel na die impak van regeringsbeleid om hoër onderwys te herstruktureer en te transformeer. Daarna word gefokus op die vraag of die regering se besluit suksesvol in 'n hof teengestaan sou kon word. Drie gronde vir litigasie word geïdentifiseer: (a) die klaarblyklike aantasting van die reg op akademiese vryheid, wat die outonomie van universiteite insluit, wat in 'n samesmelting grootliks in die slag bly, (b) die aantasting van die reg op billike administratiewe optrede, wat hoofsaaklik daarom wentel dat die besluit nie redelikerwys ondersteun word deur die redes wat daarvoor aangegee is nie en daarom onredelik is, en (c) die ongrondwetlikheid van artikel 23 van die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997, die bepaling ingevolge waarvan die besluit geneem is. Artikel 23 ken sonder riglyne 'n uiters wye diskresie aan die minister toe, wat strydig is met die konstitusionele hof se benadering in hierdie verband.
Ten slotte word gepleit dat in 'n jong stelsel van grondwetlike oppergesag die grondwet en die reg die waarborg bied dat 'n standhoudende demokrasie geskep kan word. Maar dan moet die grondwet eerbiedig word en moet almal in die samelewing toesien dat dit gebeur. Daar is 'n stewige saak uit te maak dat die samesmelting van RAU en TWR regtens ongeldig is. Akademiese lewenskragtigheid en innovasie word bedreig. Deur die howe die geleentheid te ontneem om die geldigheid van die samesmelting te toets, weens watter oorwegings ook al, loop akademici die gevaar om hulleself in 'n hoek vas te verf, vanwaar hulle dalk iewers in die toekoms, wanneer dit te laat is, sal wil uitroep: "Ons het nie geweet nie!"

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/2/EJC54840
2003-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error