1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Privé bates van gades getroud in gemeenskap - insolvensie en die erfreg : regspraak

USD

 

Abstract

Vir byna 'n dekade is in sommige kringe getwyfel oor die juistheid van die weldeurdagte uitspraak van regter McLaren in (1994 2 SA 155 (N)). Daarin is beslis dat bankrotskap van 'n gemeenskaplike boedel gevolg deur sekwestrasie van die gades noodwendig meebring dat die skuldeisers van die insolvente gades beslag kan laat lê op al die bates van die insolvente gades. Dit is die geval ongeag of bepaalde bates deel vorm van die gemeenskaplike boedel of van die sogenaamde afsonderlike privé boedel van een van die gades. Daardie uitspraak van regter McLaren is destyds onder andere gebaseer op die standpunt wat ingeneem is na aanleiding van 'n versigtige lees van die gemeenregtelike bronne in die verband - sien 161B, 170E-H en 172C. (Sien ook Sonnekus "Insolvensie by huwelike in gemeenskap van goed" 1986 92 95-98.) Daarteenoor het byvoorbeeld Klaaren hom destyds in 'n aantekening wat dit onderskei in die gebrek aan verwysings na gemeenregtelike gesag, skerp oor die vermeende onjuistheid van daardie beslissing van regter McLaren uitgelaat (1994 122-123). Ook Wunsh se vermeende lesing van daardie uitspraak (1994 390-393) het ruimte gelaat vir twyfel oor die akkuraatheid waarmee gelees is, aangesien regter McLaren, anders as wat Wunsh te kenne gee, nie verskil het nie, maar met waardering saamgestem het met die standpunt van Sonnekus (172C).

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/3/EJC54846
2003-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error