1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Freedom of religious autonomy as an element of the right to freedom of religion

USD

 

Abstract


Daar word met hierdie bydrae gepoog om die reg op godsdiensoutonomie as element van die reg op godsdiensvryheid, soos gewaarborg deur artikel 15 van die 1996 grondwet, te belig. Daar word verduidelik dat die vryheid van godsdiensoutonomie bestaan uit die reg op staats nie-identifikasie; die reg om eie belange en doktrine te reël; die reg op godsdienswaardigheid; die reg op godsdienstige verwante politieke bedrywighede; en die reg op belastingvrystelling. Met ander woorde, draers van die reg mag daarop aanspraak maak dat die staat alle godsdienste en onderlinge verbande gelyk moet behandel en bevorder, terwyl die draers hul eie belange mag reël en die beskerming van hul godsdienswaardigheid mag eis en godsdiensverwante politieke bedrywighede mag onderneem. Die argument word ook gevoer dat die tradisionele belastingvrystelling van godsdienstige verenigings as 'n reg beskou mag word. Die regte hierbo genoem sal almal natuurlik onderworpe wees aan beperking ingevolge artikel 36 van die grondwet.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/3/EJC54853
2003-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error