1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - International human rights agreements in South African law : procedure, policy and practice (part 2)

USD

 

Abstract


Die doel van hierdie artikel is om die grondwetlike status van internasionale menseregte ooreenkomste in die Suid-Afrikaanse reg te ondersoek. Ingevolge artikel 39 van die 1996 grondwet moet howe internasionale reg oorweeg by die uitleg van die handves van menseregte teenoor buitelandse reg waarvan die oorweging opsioneel is. Artikel 231 van die grondwet bepaal die prosedure waaraan voldoen moet word alvorens Suid-Afrika 'n party tot 'n internasionale ooreenkoms kan word asook die status wat ooreenkomste waarvan Suid-Afrika 'n party is ingevolge die Suid-Afrikaanse reg sal geniet. 'n Oorsig van hofbeslissings waar gemelde grondwetlike bepalings ter sprake is dui op bepaalde tendense. Die konstitutsionele hof beslissing in verdien spesiale vermelding. Hier word 'n baie duidelike onderskeid gemaak tussen die rol van buitelandse reg en die van internasionale reg soos deur die grondwet voorsien by die uitleg van fundamentele regte. Daar word voorts beslis dat die verwysing na "public international law" deur artikel 35, beide bindende en nie-bindende internasionale reg insluit. Hoewel opvolgende beslissings sterk op se interpretasie van artikel 39 steun word daar gewoonlik bloot sydelings na internasionale reg verwys. Howe maak voorts, met die enkele uitsondering van die saak, geen fundamentele onderskeid tussen internasionale menseregte ooreenkomste wat Suid-Afrika internasionaal bind in terme van artikel 231 van die grondwet, en nie-bindende internasionale reg wat slegs relevant is vir doeleines van grondwetlike uitleg nie. Opvolgende beslissings dui op 'n beperkte en dikwels verkeerde toepassing van artikels 39 en 231 van die grondwet. Dit het tot gevolg dat internasionale menseregte ooreenkomste waartoe Suid-Afrika 'n party is, tot dusver 'n uiters geringe weerklank in die Suid-Afrikaanse reg gehad het.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/3/EJC54854
2003-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error