1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Automatic transfer of employment contracts and the power to object

Volume 2003, Issue 3
  • ISSN : 0257-7747
USD

 

Abstract


Die effek van artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 is omstrede en hierdie onsekerheid het ondermeer aanleiding gegee tot substantiewe wetswysigings. Hierdie artikel ondersoek die ware gevolg van artikel 197 (die vroeëre asook die gewysigde artikel) vanuit 'n grondwetlike en vergelykende perspektief. Die benadering van die arbeidshowe asook van die konstitusionele hof word dan geanaliseer. Die saak van word in meer detail bespreek in dié verband. Nadat tot die gevolgtrekking gekom word dat die oorgang van 'n onderneming (of 'n gedeelte daarvan) as 'n lopende onderneming die oordrag van dienskontrakte as gevolg het, word die volgende vraag gestel: kan 'n werker weier om na die nuwe werkgewer oor te gaan? Die vraag word dan ook oorweeg aan die hand van 'n grondwetlike en vergelykende ondersoek. Voorts word die onwilligheid van die Suid-Afrikaanse howe om sodanige bevoegdheid om beswaar te maak van 'n werknemer teen oorgang na 'n nuwe werkgewer, gekritiseer. Voorstelle word ten slotte gemaak oor hoe so 'n bevoegdheid om beswaar te maak teen die oorgang van 'n persoon se dienskontrak geakkommodeer sou kon word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/3/EJC54855
2003-01-01
2017-02-27

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error