1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - An overview of principles relating to the taxation of income denominated in a foreign currency

USD

 

Abstract


Die onlangse instel van 'n inwoner-basis van belasting het die wetgewer genoop op verskeie reëls rakende die belasting van bedrae in 'n buitelandse geldeenheid verdien, te reguleer. Hierdie reëls kan in ses verskillende kategorieë ingedeel word, naamlik:
  • bedrae in 'n buitelandse geldeenheid wat onderworpe is aan die algemene omskakelingsreël in artikel 25D
  • bedrae in 'n buitelandse geldeenheid toegeval of ontvang as gevolg van die beskikking van 'n kapitale bate in dieselfde geldeenheid as wat uitgawes met betrekking tot die bate aangegaan is
  • bedrae in 'n buitelandse geldeenheid toegeval of ontvang as gevolg van die beskikking van 'n kapitale bate in 'n ander geldeenheid as wat uitgawes met betrekking to die bate aangegaan is
  • bedrae in 'n buitelandse geldeenheid toegeval of ontvang as gevolg van die beskikking van buitelandse ekwiteitsinstrumente, onroerende eiendom in Suid-Afrika geleë en roerende eiendom toeskryfbaar aan 'n permanente saak van 'n nie-inwoner in Suid-Afrika
  • winste of verliese op buitelandse valutatransaksies; en
  • bedrae in 'n buitelandse geldeenheid toegeval aan of ontvang deur 'n buitelandse beheerde maatskappy.
Verskeie interpretasieprobleme bestaan rakende elkeen van hierdie reëls. Alhoewel dit verstaan kan word dat die wetgewer, in 'n poging om die belastingnet so wyd as moontlik te gooi, reëls vaag verwoord het, word aangevoer dat die effektiwiteit van belastingadministrasie in die proses ingeboet word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/3/EJC54858
2003-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error