1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Is the end of environmental law's make-up in sight?

USD

 

Abstract


As 'n produk van hoofsaaklik nie-bindende internasionale normskeppende instrumente is omgewingsreg dikwels gesien as 'n stelsel wat sigself orïenteer aan die willekeur van state. Wat egter in die jongste tyd aan die gebeur is, is dat die fokus van normskepping verskuif het na normafdwinging. Hierdie verskuiwing is hoofsaaklik die produk van die aanvaarding deur state van 'n groeiende aantal bindende multi-laterale konvensies wat onder andere die verpligting meebring dat state effektiewe wetgewende en ander maatreëls moet tref om uitvoering aan hulle internasionale verpligtinge op nasionale vlak te gee. Die Johannesburgse Spitsberaad van 2002 in die besonder het die temas van effektiewe afdwinging and strenger nakoming van omgewingsregnorme sake van groot belang gemaak. Die internasionale debat in hierdie verband sentreer om hoofsaaklik drie begrippe: nakoming, afdwinging en aanspreeklikheid. In hierdie artikel word die belangrikste ontwikkelings rondom hierdie begrippe in behandeling geneem.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2003/4/EJC54875
2003-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error